Pyp (materiaal)

Staalpype

'n Pyp is 'n buis of hol silinder wat gebruik word om materiale te vervoer of as 'n strukturele komponent. Die terme pyp en buis is dikwels sinoniem. Pype word dikwels gespesifiseer aan die hand van standaarde wat in die nywerheid bestaan en wat besonderhede soos nominale-, buite- en binnedeursnee asook wanddikte spesifiseer. Daar bestaan vele regerings- en nywerheidstandaarde rondom die vervaardiging van pype en buise.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy